So, ja, miskien djy het gewonder, waar ek was lately? The World Cup commotion did have ‘n groot affect op ek en my liggaam. Dis al wat ek sal se op daai subject, ne. You can mos read between the lines virrie rest offie storie.
Then I was mos siek, en agter daai v[l]okken siekness, I was caring for vrienede of mine, that’s mos also been siek, ne. Anyways, djy moet nie warrie nie, ek’s mos terug.
Two weeks ago, ne, wassie beginning van Ramadan vir ons Muslims. Now for those of yous that mos dunno wat die v[l]ok Ramadan is, dis mos one month, ne, een maand, waar ons, die Muslims, fast and pray. Ons eet innie more, voor die son uitspring, en innie aand, agter die son gaan slaap toe. We mos abstain from sex, booze en smokes [although, we mos not supposed to drink en smoke, but some of us, soos ek, is 'n bietjie stoute], en allie ander naughty things wat mense doen, soos swearing, etc.
Die fast, so far, has been goed. My spirit, my gees, has mos been feeling uplifted, en renewed. Dis een vannie wonderlike dinge van Ramadan. Ek voel soos ‘n nuwe persoon, in my own way, en even though ek eet niks innie dag, I mos don’t feel weak. Dis mos not to say dat ek’s nie blerrie honger nie, because then, ne, I would be lying -en ons kan nie lieg nie innie holy maand of Ramadan. My maagie rombel baie, but dis mos not such a bad thing. Dis a chance vir ek to mos feel wattie bergie’s gevoel every day vannie jaar. Ek’s mos grateful vir alles wat ek het, from ‘n lekker warm bed, tot a roof over my head [yoh! that mos rhymes!]
Anyhoo, my vriende, as djy Muslim is, I mos jus want to inspire you to… wassie phrase? ..oh ja, “keep on – keeping on”! En as djy nie Muslim is nie, then show ‘n bietjie respek, jong. Don’t mos eat ‘n McDonalds of KFC burger in front of djou Muslim vriende, ne. Dis mos not nice, ne. No matter waar djy kom van, en wie djy is, you are a part offie human race, en we mus stand aan mekaar, and uplift each other. En miskien, as djy nie Muslim is nie, why not try to fast, even if dis vir een dag, of een week, ne. Show compassion, ennie universe will mos show it back to you. So, vandag, ek’s nie hier nie to mos make grappies, en praat rommel, but mos rather to ask you to take-on die persona vannie Nuwe Suid-Afrika, show respect.
Ramadan Mubarak.
رمضان مبارك

